Kakkerlakke kan byna enigiets oorleef. Hulle aanpassingsvermoë oorskry dié van selfs die uitdagendste huishoudelike plae. Kakkerlakke kan onderstebo loop, kan hulself plat maak en sommer vinning-vinnig na die naaste wegkruipplek vlug. Hul skaaldier-agtige eksoskelet beskerm hulle teen skoene, vlieëklappe en die meeste insekdoders. Nee kyk, kakkerlakke kom voor asof hulle onuitwisbaar is.
‘n Kommerwekkende werklikheid van hierdie insekte is dat wanneer een raakgesien word, dit gewoonlik ‘n aanduiding van nog talle, selfs honderde is wat waarskynlik nie ver agter is nie. Hoewel
kakkerlakke die vermoë het om ‘n huis te koloniseer, bly die kragtigste wapen teen hierdie indringers om te weet waar hulle verkies om te skuil. Sodra mens hierdie raaisel opgelos het, tesame met ‘n professionele kakkerlak-aas, is die kanse goed dat jy hulle uit jou huis kan dryf. Wees op die uitkyk vir hierdie gunsteling kakkerlak wegkruipplekke:
1. Plafonne
Die volgende
artikel van
How Stuff Works verduidelik hoe kakkerlakke op die eienaardigste plekke gevind kan word: op jou huis se plafon, en veral in donker skuilplekke, soos die motorhuis of in die kelder. Kakkerlakke is ook nie skaam nie en sal by tye sommer ‘n verskyning maak in helder lig, maar sal vinnig weer verdwyn indien die kamerlig te skerp skyn.
2. Waar ookal daar water is
Kakkerlakke is mal oor water. Plekke in jou huis waar waterpype lê, soos agter kaste of kamerlaaie, kabinette en deur mure, bied die ideale vogtige tuiste vir kakkerlakke. Kakkerlakke is gedurig op soek na warm en klam omgewings, so kyk maar mooi agter jou wasmasjien, tuimeldroër of ketel.
Verbeel jou net: jy tap ‘n warm bad en word gegroet deur ‘n familie van kakkerlakke wat uit jou kraan stroom. Hoe traumaties klink dit nie? In só ‘n geval is die kanse goed dat meneer kakkerlak en sy aangetroude familie ‘n nes binne-in die waterpyp, waar die badkrane bymekaarkom, gemaak het.
Kakkerlak-beheer spesialiste beveel aan dat gapings tussen pype en mure geïsoleer en toegeplak word. Die gouereël is om hierdie areas so droog as moontlik te hou. Dit mag dalk ‘n uitdagende taak wees, veral in badkamers en kombuise – wat ook beteken dat skoonmakers versigtig moet wees en alle oortollige water opmop.
3. Passop vir jou sitkamerstel
Hierdie
artikel van
How Stuff Works sê: "Iets omtrent ‘n kakkerlak se plat gladde liggaam maak hom geneig om in nou ruimtes te skuil, waar hulle die materiaal se tekstuur teen die bo- en onderkant van hul liggame kan voel. Wees gewaarsku: kakkerlakke het ‘n voorliefde vir meubels en lê gewoonlik hul eiers daar. As jy weer kyk is daar ‘n geharde kolonie van eiers – gereed om oor ‘n paar weke uit te broei. Hierdie kakkerlak-eiers sal uiteindelik in tienduisende nuwe kakkerlike ontaard."
4. Jou papier herwinningstoor
Glo dit of nie, ou papier, karton en koerantpapier dien as kakkerlakkos; asook ‘n plek waar hulle kan ontlas. Die rede hiervoor is dat kakkerlakke hou van die reuk en smaak van papier en papier-verwante materiale, veral as dit ou kartonhouers is waarin kos voorheen verpak of gestoor is. Die feit dat kakkerlakke boonop nog hul natuurlike liggaamsolies en – sure gebruik, wat vreeslik kan stink, om die kartonmateriale te verteer, maak hierdie insekte nog meer afstootlik. Om ‘n kakkerlak-besmetting en – indringing te verhoed, stel kakkerlak-beheer spesialiste voor dat papier en karton, wat vir herwinning bedoel is, in toe herwinningshouers gegooi word. Alternatiewelik kan boorsuur op die houer gesprinkel word, wat kakkerlakke kan afweer.
5. Warm elektroniese toestelle
Kakkerlakke is aangetrokke tot hitte en sal skarrel na plekke met warm motors wat hardloop. Om die waarheid te sê, kakkerlakke sien die meeste kombuistoestelle as aanloklikke skuilplekke; veral roosterbrood-oonde, koffiemasjiene, ketels, stowe en yskaste. Maak seker dat daar rondom hierdie toestelle behoorlik skoongemaak word. Indien moontlik, oorweeg selfs insekdoders om die kakkerlakke wat daar skuil uit die weg te ruim.
6. Die hele kombuisarea
Kombuise met ‘n oorvloed van kos en vogtigheid is die definisie van ‘n kakkerlak-hemel. Opwasbakke, skottelgoedwassers, ‘n kombuisblad met oorskietkos en vuil koffiebekers is enkele voorbeelde van dit waarvan kakkerlakke hou. Om hulle nog meer grillerig te maak is die feit dat hulle snags gaan soek vir kos, sodra die ligte af is.
Boonop sal kakkerlakke ook bakterië verspei waarookal mens dit nie wil hê nie: in klerekaste, op kook – en eetgereie en verwante silwerware. Kakkerlak-beheer spesialiste stel voor dat kaste wat die bogenoemde items huisves, gereeld ontsmet moet word om groot gesondheidsrisikos te voorkom.
Soos hulle sê: spyt kom altyd te laat en wanneer dit by kakkerlakke kom kan dié stelling nie groter trefkrag hê nie.
Behoorlike sanitasie, goeie onderhoud van jou huis en effektiewe waterbestuur speel alles ‘n rol in die voorkoming van ‘n kakkerlak indringing. Indien jou kakkerlak-probleem hand uit ruk of moeilik raak om te beheer, weet dat daar altyd ‘n kakkerlak spesialis is om te help. Hou in gedagte dat watookal jy wil gebruik om
kakkerlakke uit te wis, omgewingsvriendelik moet wees.
Kort jy gespesialiseerde kakkerlak-beheer dienste? Ons verskaf aan huise en besighede regoor die land ‘n verskeidenheid van omgewingsbewuste plaagbeheer dienste, wat almal effektief en veilig is. Skakel ons vandag om ‘n inspeksie van jou eiendom te bespreek.
Image credit -
Ben3Damination